Saturday, 28 January 2012
Empowers learners with epilepsy and other special educational needs

Donate

Take the time to make a contribution towards our children.

Click here...

Gasvryheid in Krijani

Die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder20
Read more >>>



Login With Facebook

Welkom by die JAN KRIEL INSTITUUT

Mev. Finnie Kriel het die veldtog om aan kinders, soos hul seun Jan, geleenthede tot menswaardige en sinvolle lewens te bied, ʼn paar jaar na sy dood geloods.  Hy was ʼn epilepsie-lyer.  Gee ʼn kind ʼn kans! is na meer as 70 jaar steeds die strewe van die Instituut.  Die waardes van billikheid en omgee vir hierdie kinders, wat met leerhindernisse te kampe het, dui die koers aan.

Ons verstaan dat finansiële sekuriteit en stabiliteit die noodsaaklike onderbou vir die welsyn van Jan Krielskool se kinders verskaf.  Verantwoordelike en etiese bestuur van hierdie fondse -goeie rentmeesterskap - is dus ononderhandelbaar.  Baie van die Instituut se werk is net so onsigbaar soos sommige van die leerhindernisse waarmee ons kinders worstel.  Dit hou egter ʼn reuse-netwerk van vriende en ondersteuners van Jan Krielskool se kinders in stand.  Ons erken en respekteer die bydrae – donasies, bemakings, ondersteuning van ons projekte - van hierdie ruimhartige weldoeners van oraloor, ook van buite ons landsgrense.

Skenkings aan ons is aftrekbaar vir belastingdoeleindes.
OWO 930 006 348  •  OSW 011-891