Gasvryheid in Krijani
Die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie…I Konings 17:16.
Gasvryheidstudies is ‘n waardevolle vakrigting wat Jan Krielers in staat stel om ‘n sinvolle en lonende loopbaan te volg. In Krijani, ons eie restaurant by die skool, word hulle opgelei as volwaardige sjefs en kelners.
Leerlinge moet dikwels duur en baie spesifieke kwaliteit items voorsien vir praktiese opleiding. Sommige van hulle kan dit nie bybring nie en ons help hulle sodat hulle hulself kan help!
Moenie dat ‘n tekort aan geld hulle vaardighede ook beperk nie! Help ons om die kruike te vul met meel en olie.
