top of page
324440833_1167922790749946_5021353140258705141_n.jpg

Jan Kriel Instituut

Om 'n verskil te maak in die lewens van leerders by Jan Kriel Skool

JAN KRIEL INSTITUUT het ontstaan uit die kerk se sorgsame betrokkenheid by die geskiedenis van Jan Krielskool (sedert 1937). Die Instituut is 'n kerkgebaseerde organisasie wat as program van Badisa geregistreer is (NPO 011-891 & PBO 930 006 348). Dit fokus op die koestering en bestuur van die netwerk van ondersteuning vir die kinders van Jan Kriel Skool deur bewusmaking en die insameling van fondse vir kinders met spesiale onderwysbehoeftes.

 

Skenkers en donateursvriende speel deur die Instituut 'n onontbeerlike rol om hierdie kinders 'n kans te gee om te ontwikkel en sukses te behaal. Die Instituut bestuur en ontwikkel ook die bates van Jan Kriel. Die befondsing word toegeken volgens 'n samewerkingsooreenkoms met die beheerliggaam van Jan Krielskool.

Subscribe
Nederige begin

Die NG Kerk het die bestuur van Jan Kriel in 1942 aanvaar. Infrastruktuur en ander ondersteuningstelsels het ontwikkel om ongeveer 580 kinders geleenthede by Jan Krielskool te gee.

Gespesialiseerde onderrig en kundigheid sal altyd duur wees, maar 80 jaar se ondervinding bevestig ons vaste geloof in die waarde daarvan vir ons kinders. 'n Kind wat na ons verwys is, sal nooit weggewys word op grond van finansiële behoefte of geloof nie.

Jan Kriel Skool
323415011_721741932653307_425721751120990358_n.jpg
Ons doel

Leerders wat hindernisse tot ontwikkeling en leer ervaar, ten spyte van voldoende kognitiewe vermoëns, kan baat vind by plasing by die skool.  

 

Hierdie hindernisse kan manifesteer as spesifieke ontwikkelingsagterstande, spesifieke leerprobleme, wat al dan nie deur ADD of ADHD gekompliseer kan word nie, visuele of ouditiewe sensoriese gestremdhede, sekere mediese toestande en fisiese gestremdhede.

Sukses stories

Deur ons toegewyde span en lojale skenkers kry ons dit reg om 'n groot impak op die lewens van die studente by Jan Krielskool te maak.

Van studentesukses tot sportbyeenkomste tot bou-opgraderings en sosiale byeenkomste, ons is trots om te wys wat ons bereik deur harde werk 'n passie.

Jan Kriel Skool

Die geskiedenis

Wat vandag as Jan Krielskool bekend staan – ’n erkende sentrum van uitnemendheid vir die onderwys van leerders met spesiale behoeftes – het van ’n nederige begin gegroei. Mev Kriel het mense van oraloor beweeg om vriende en borge van die kinders van Jan Kriel Skool te word.

bottom of page