top of page
Nuus


Tekkie Challenge bou voort!
Op Saterdag, 5 September 2026, het Jan Kriel Skool in Kuilsrivier weereens 'n rekordgetal deelnemers verwelkom aan sy jaarlikse Tekkie-uitdaging, met trots geborg deur Food Lover's Market. Meer as 3300 hardlopers en stappers het bymekaargekom om leerders met spesiale onderwysbehoeftes te ondersteun deur deel te neem aan die 16km, 10km of gesinsvriendelike 5km-geleenthede. Food Lover's Market se toewyding tot die ondersteuning van plaaslike gemeenskappe help verseker dat elk


Lente is in die Lug
Ons leerders het die koms van die nuwe seisoen met opgewondenheid en baie kreatiwiteit gevier. Die Graad 3’s het hul hande vuil gemaak en pragtige blomme op geplant! Die Graad R’e het weer hul kreatiwiteit gewys deur om blommekrone te maak! Ons is so trots op ons leerders wat ons skool daagliks verhelder. Mag hierdie nuwe seisoen vir elkeen van julle vreugde, groei en baie glimlagte bring! #JanKrielSkool #Lentedag #Graad3 #GraadR #LenteInDieLug #SkoolPret https://www.faceboo


Iziko uitstalling
In Kwartaal 2 het hierdie leerders deelgeneem aan die Iziko Landscape Showcase. Ons is besonders trots om te kan deel dat hulle kunswerke gekies is om uitgestal te word! Baie geluk aan: - Luane van Wyk - Wiehaan Saayman - Zach Wantza Julle talent, harde werk en kreatiwiteit maak ons baie trots! #JanKrielSkool #JongKunstenaars #IzikoLandscapeShowcase #KunsEnKreatiwiteit #TrotsOpOnsLeerders https://www.facebook.com/share/p/1EvA7qcbTi/


Uitnemendheid in Onderwys
Ons is baie trots om ons ongelooflike onderwyseres, Inge Dyssel, te vier, wat Jan Krielskool by die Provinsiale Nasionale Onderwystoekennings (NTA) aan die einde van Augustus verteenwoordig het. Inge het tweede plek behaal in die hoogs mededingende kategorie Uitnemendheid in Inklusiewe Onderwys. Haar passie, toewyding en onwrikbare toewyding om ons leerders te ondersteun en te bemagtig, weerspieël die kern van insluitende onderwys en ons skoolgemeenskap. #JanKrielSkool ...


Fisoterapie by Jan Kriel
Daar is twee fisioterapeute werksaam by Jan Krielskool. Dienste word gebied aan behoeftige leerders van Graad R tot 12. Fisioterapie is gerig op die ontwikkeling van motoriese vaardighede soos balans en koördinasie. Fisiek-gestremde leerders ontvang terapie wat fokus op die bevordering van onafhanklikheid en/of die instandhouding van funksie. Fisioterapie het die volgende ten doel: Identifisering, assessering, ontwikkeling en behandeling van ontwikkelingsagterstande in leerde


Jan Kriel reik uit
'n Nuwe hoofstuk in die ondersteuning van leerders met leergestremdhede is onlangs geskryf toe die Jan Kriel Instituut sy kundigheid en hulpbronne beskikbaar gestel het om Langerugskool in Worcester met die vestiging van 'n moderne Alternatiewe Assessering Sentrum te ondersteun. Terwyl Jan Krielskool volgende jaar sy 90ste bestaansjaar vier, bly die skool se invloed en nalatenskap steeds groei. Tot 2015 het die skool ook leerders uit Worcester, Robertson en omliggende gebied


Jan Kriel Wynveiling
Jan Kriel se jaarlikse Wynveiling is weereens geseën met wyne geskenk deur meer as 100 wynplase en individue. So kon die 160 gaste op 43 lotte bie met ‘n inkomste vir die leerders van Jan Krielskool van meer as R850 000 op die aand. Dankie aan elke kelder, besigheid en vriend wat getrou 'n bydrae gemaak het. Jul ondersteuning is van onskatbare waarde.


Nog 'n 22-sitplek vir veiligheid
Danksy die ruim bydraes van Jan Kriel-skenkers kon die Instituut weereens nog 'n broodnodige bus vir leerdervervoer aankoop. Jan Kriel-leerders is baie bevoorreg om 18 busse te hê wat so ver as Atlantis ry. Hierdie busse vervoer daagliks meer as 200 leerders tussen hul huise en skool. Hierdie nuwe 22-sitplek-wa is in Julie deur Besturende Direkteur, Eerw. André van Wyk, aan die hoof, mnr. Odendaal, oorhandig. Baie dankie aan ons skenkers wat dit moontlik gemaak het!


Waar hoop groei en drome gebou word
‘Mnr. en Mev. Crous, julle kind sal ongelukkig nooit in 'n skool geplaas kan word of matriek voltooi nie. Sy sal waarskynlik nooit kan praat nie. Ons het egter vir julle die naam en nommer van 'n baie goeie fasiliteit vir sulke kinders - Dit was die woorde wat my ouers ontvang het toe ek net vier jaar oud was.’ ‘Vandag staan ek hier voor julle as die Voorsitter van die Jan Kriel VLR, 'n trotse matrikulant en 'n bewys dat 'n diagnose nie jou toekoms bepaal nie. My naam is Kiar


Heerlike uitstappie
Ons Afrikaanse en Engelse Laerskool leerders het verlede week’n heerlike uitstappie geniet! Hulle het die geleentheid gehad om “Vlooi” te gaan kyk en dit was sommer groot pret! Daarna het ons die dag afgesluit met ’n lekker piekniek by Groenpunt Park. #AfrikaanseLaerskool #Uitstappie #Vlooi #GroenpuntPark #LekkerHerinneringe #JanKrielSkool https://www.facebook.com/share/1CuBv6vKKr/
bottom of page
