Danika by SA's
Hilette Jan Kriel Instituut
34 minutes ago
1 min read
Danika het tydens die vakansie 5de geëindig by die SA Landloopkampioenskappe in die Dogters o/15 LSEN-afdeling! Wat ’n ongelooflike prestasie- om tussen die beste jong landloopatlete in Suid-Afrika te kompeteer en só goed te presteer, is iets besonders. Jou harde werk, deursettingsvermoë en vasberadenheid het gewys!
Danika, ons is ongelooflik trots op jou! Jy het jouself en jou skool met soveel trots verteenwoordig. Baie geluk met hierdie fantastiese prestasie!




Comments