top of page
Search

Aansoekproses

  • Hilette Jan Kriel Instituut
  • 4 days ago
  • 1 min read

Dr Mariette van Niekerk is die Hoof Sielkundige vir die IO-span, wat leerders ondersteun in hoofstroom-skole. Leerders wat geïdentifiseer word vir addisionele hulp se aansoekproses begin by die hoofstroom-skool waar die leerder tans geplaas is en volg WKOD se SIAS-proses. SIAS dokumente en ondersteunende dokumentasie (bv. verslae van opvoeders, terapeute, sielkundiges, medici en ander professionele rolspelers) word aangeheg, direk aan Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) ingedien en deur hulle bestuur. Geen aansoeke kan direk aan die skool gerig word nie. Indien die plasingskomitee aanbeveel dat ‘n kandidaat vir plasing by LSEN-skool goedgekeur is, en daar ‘n geskikte plek by Jan Krielskool beskikbaar is, word reëlings getref vir toelating. Indien daar nie ‘n plek vir die leerder beskikbaar is nie word die leerder terugverwys na die Distriksielkundige en Ondersteuningsspan vir ondersteuning in die kind se huidige skool.


Die IO Span van Jan Krielskool ondersteun die leerders in Metropool Oos wat nie plek gekry het nie. Leerders wat in ander provinsies in spesiale skole is wat dieselfde akademiese program aanbied as Jan Krielskool en wie se ouers Kaap toe verhuis, moet ‘n interprovinsiale oorplasing gedoen word en aan die Direkteur van Inklusiewe Onderwys en Ondersteuning gerig word.



 
 
 

Comments


bottom of page