top of page
Hilette Jan Kriel Instituut

Azaleahof besoek Jan Kriel Skool

Updated: Sep 29, 2022

Op 26 Julie het dienssentrumlede by die Jan Krielskool kom kuier. Die skool het 'n bussie en drywer (niemand anders as Ds. André van Wyk, Direkteur van die Jan Kriel Instituut), beskikbaar gestel. Hulle het 'n paar gedagtes gedeel na die besoek:


"Ons ondervind gasvryheid in oormaat, inligting en besigting van prosedures, geskep en aangeskaf met passie en hope, hope liefde en geduld om kinders te help om ons samelewing selfstandig met kennis en vrymoedigheid te betree. Die geskiedenis alleen spreek boekdele, die groeie fenominaal vandat ek in die 80's laas die skool besoek het. Baie dankie vir Ds. André van Wyk wat ons so professioneel ingelig het, en met soveel deernis rondgewys het."

Lubi Koorts

"By ons uitstappie by die Jan Krielskool, is ek diep geroer deur wat ons gesien het. Ek is geweldig beïndruk deur alles wat vir die kinders gedoen word, beide die liefde en sorg, sowel as die verstommende hulpmiddels. Die werk wat gedoen word is die essensie van Christelikheid, nie net mooi woorde nie, maar liefde, sorg en hulp vir kinders van enige ras, sosiale stand of godsdiens. Ek voel, en ek hoop ander persone sal ook dat ons so 'n wonderlike inrigting behoort te ondersteun."

Ina Stiglingh


"Dit was 'n sielsverheffende belewenis! Die ruimte van die gronde en die klaskamers, asook die moderne hulpmiddels bly mens by en verlig die uitkyk! Soveel kinders uit die hele spektrum van ons land, met soveel verskillende uitdagings, word daar gekoester! Soveel toegewyde onderwysers en ander personeel, berei hulle voor om daarvandaan met 'n wete van eiewaarde, hulle plek in die samelewing in te neem. Niks is afgeskeep nie. Vooruidenkende mense op soveel vlakke van die bestuur is so kleurvol saamgestel net soos die leerders wat ook so divers is. Die blywende gevoel is: Só kan Suid-Afrika werk! Dit wat die Heer van ons vra, gebeur daar!"

Antoinette Conradie

43 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page