Baie dankie aan al ons gholfspelers! ⛳
- Hilette Jan Kriel Instituut
- Apr 2
- 1 min read
Updated: Apr 3
Wat 'n fantastiese dag by Jan Kriel Skool se eie gholfbaan! Ten spyte van die hitte het almal hul beste gelewer en die dag werklik onvergeetlik gemaak. Die energie en die gees van welwillendheid was ongelooflik om te aanskou.
'n Hartlike dankie aan elke gholfspeler, borg en ondersteuner wat bygedra het om hierdie fondsinsameling 'n sukses te maak. Jou vrygewigheid en deelname help ons om 'n werklike verskil te maak.
Ons hoop jy het die dag, die uitdagings op die baan, die verfrissende watergate en die welverdiende prysuitdeling geniet. Sien uit om julle almal weer volgende jaar te sien vir nog 'n onvergeetlike rondte!
Comments