top of page

Baie gees by Tekkie Challenge!

Updated: Sep 22, 2023


Meer as 1 500 deelnemers het Saterdag 2 September aan die verskillende roetes van die jaarlikse Tekkie Challenge-wedloop by Jan Krielskool deelgeneem. Professionele atlete, naweek drawwers en gesinne het vroeg die koue oggendlug aangedurf, sommige selfs spoggerig aangetrek vir die ‘Dress up your Tekkies’-kompetisie. Die gesogte ‘Battle of the Sexes’ 10km-uitdaging is hierdie jaar deur die ‘mooier geslag’ gewen, alhoewel die eerste 3 deelnemers binne 15 sekondes van mekaar oor die wenstreep geknaal het. Ds. André van Wyk, Besturende Direkteur van die Jan Kriel Instituut sê die geleentheid was ’n groot sukses.


“Ons sê baie dankie aan elke deelnemer, vrywilliger, ons hoofborg, Food Lovers Market, en ander borge, asook Stad Kaapstad se verkeersafdeling, wat bygedra het tot die sukses en veilige deelname van almal.”


“Die instituut se leuse is ‘Gee ’n kind ’n kans!’ en dit is wat julle gedoen het.” Die opbrengs van hier fondsinsamelinginitiatief word spesifiek vir sportontwikkeling en toerusting vir Jan Krielskool se leerders aangewend.

Meer foto's en resultate beskikbaar by www.tekkiechallenge.co.za



80 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page