top of page
Search

Baie geluk Braam!

Braam & Alewyn Arangie
Braam & Alewyn Arangie

Braam Arangie, en sy tweeling broer Alewyn, het hul hele skoolloopbaan (Graad R in 2007 tot Matriek in 2020) by Jan Krielskool voltooi. In 2021 begin Braam 'n BA-Graad in Teologie by Hugenote Kollege in Wellington en op 14 Maart 2025 neem hy hierdie graad in ontvangs! Braam wil voortgaan met sy Teologiese studies met ʼn Nagraadse Diploma gevolg deur 'n Meestersgraad. Sover ons weet is hy die eerste teoloog wat by Jan Kriel matrikuleer het!


“Ek is dankbaar vir die aandeel wat Jan Kriel gehad het om hierdie doelwitte van my te bereik. Ek sien uit daarna om die pad te stap wat God vir my lewe uitgelê het.” - Braam





 
 
 

留言


bottom of page