top of page
Search

Crawenweek spelers

  • Hilette Jan Kriel Instituut
  • 3 days ago
  • 1 min read

Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat drie van ons rugbyspelers gekies is vir die WP LSEN Cravenweekspan!

- Yusuf Hannibal

- Benir de Villiers

- Denzel Cordon


Hierdie talentvolle seuns gaan gedurende die Junie-vakansie na Oos-Londen toer om aan die prestigeryke Cravenweek-toernooi deel te neem. Dit is ’n ongelooflike prestasie en ’n bewys van hul harde werk, deursettingsvermoë en toewyding op en van die veld af.

Julle verteenwoordig nie net ons skool met trots nie, maar ook die hele LSEN-rugbygemeenskap van die Wes-Kaap.


Ons wens julle alle sterkte toe vir die toernooi - geniet elke oomblik en speel met trots!



 
 
 

Comments


bottom of page