Jan Kriel Instituut se jaarlikse Tekkie Challenge het op Saterdag, 7 September plaasgevind en was met die hulp van deelnemers, ondersteuners, vrywilligers en borge ‘n groot sukses. Inskrywings vir die dag het by rondom 2000 deelnemers gedraai, met die 5km Pretloop wat die meeste belangstelling gelok het. Heelwat deelnemers het gespog in kleurvolle uitrustings ter ondersteuning van die ‘RunInColour’ tema.
Food Lover’s Market, hoofborg sedert 2022, het ook talle geskenkbewyse en pryse vir deelnemers bygedra, asook kospakkies vir beamptes voorsien.
“Dit bly ‘n eer en ‘n voorreg om Jan Kriel te ondersteun, en die span is sulke aangename mense! Die feit dat hulle so betrokke is in die gemeenskap pas so mooi in met Food Lover’s Market se waardes om die gemeenskap om ons te bedien. Mag hierdie wedloop net groei van krag tot krag!”
- Bianca Nel, Food Lover’s Market Bemarkingsbestuurder
Lede van Cape Multi Sport Club en Kuilsriver Running Club het van 05.30 die oggend op die roetes reggestaan. Die nuwe 10 Miler (16km) roete is ook baie goed ontvang. Die dames het weer geseëvier in die 10km Battle of the Sexes kompetisie en Fortunate Chidzivo is ook as algehele wenner vir die 10km wedloop gekroon.
"Leerders van Jan Krielskool is vanjaar tydens die Tekkie Challenge (weereens) met liefde en entoesiasme ondersteun. Ons is dankbaar vir elke borg, deelnemer en die gemeenskap se omgee wat bydra tot ons leerders se sportontwikkeling”
- André van Wyk, Jan Kriel Instituut Besturende Direkteur
Laerskool leerders het reeds lank voor die groot dag “gees gevang” en kleurvolle plakkate gemaak wat deur die hele skool uitgestal is.
Deelnemers was ook bederf met meer as 65 'lucky draw'-pryse bygedra deur verskeie vriende van Jan Kriel. Donasies van geskenkpakkies, koopbewyse en sportprodukte was met entoesiasme uitgedeel en ontvang. Baie dankie aan die bydrae van:
Food Lover's Market - Balwin Properties - TygerBurger/ Media24 - Olympic Footwear Kuilsriver - Landlords Rental, Sales & Management - Design2Run Sports Apparel - Playalot Indoor Adventure Park Kuilsriver - DCP Printing - Nativa: JointEze - Sioux Spur Glengarry - Perfect Health Soneike
Kyk gerus na nog foto’s en resultate by www.tekkiechallenge.co.za
Comments