top of page
Search

Fisoterapie by Jan Kriel

Hilette Jan Kriel Instituut
5 days ago
1 min read


Daar is twee fisioterapeute werksaam by Jan Krielskool. Dienste word gebied aan behoeftige leerders van Graad R tot 12.


Fisioterapie is gerig op die ontwikkeling van motoriese vaardighede soos balans en koördinasie. Fisiek-gestremde leerders ontvang terapie wat fokus op die bevordering van onafhanklikheid en/of die instandhouding van funksie.


Fisioterapie het die volgende ten doel:

  • Identifisering, assessering, ontwikkeling en behandeling van ontwikkelingsagterstande in leerders van Graad R tot Graad 3.

  • Aanpassings word in klasse gedoen deur middel van posisionering in banke sodat elke leerder in ‘n optimale sitposisie is om sodoende te help met hul aandag en konsentrasie.

  • Posisionering en verwysing van fisies gestremde leerders in rolstoele om sekondêre komplikasies te voorkom.

  • Behandeling van sportbeserings.

  • Betrokkenheid by die kwartaallikse assessering in die grondslagfase.

  • Terapie word aangebied op ‘n individuele- en kleingroep basis om motoriese vaardighede te ontwikkel en verbeter.

  • Terapiesessies om bogenoemde aan te spreek word volgens elke leerder se spesifieke behoeftes aangepas.

  • Strek- en mobiliseringsprogramme vir fisies gestremde leerders het ten doel om die spiersterkte en omvang van beweging by gewrigte te verbeter of behou.

  • Sport vir fisies gestremdes word aangebied as ‘n verlengstuk van terapie en om by te dra tot die ontwikkeling van ‘n gebalanseerde leefstyl.

 
 
 

Comments


bottom of page