Goud, goud en nog goud vir Zinray!
- Hilette Jan Kriel Instituut
- 17 hours ago
- 1 min read

Zinray Buis het einde Maart vir WP verteenwoordig by die SASAPD Nationale Kampioenskappe.
Hy het Sondag aan die tydwedrenne deelgeneem en ook goud gewen vir die 13,2 km resies by Killarney. Maandag het hy weer goud gewen vir die 1500m en silwer in die 800m by Coetzenburg. Dinsdag het hy nog n goue medalje gewen vir die 26,4 km resies en n spesiale toekenning: Team Spirit Award, vir sy sportmansgees en besonderse goeie maniere💝 Wel gedaan Zinray!! #sasapd2026 #jankrieltrots










Comments