Ian presteer
- Hilette Jan Kriel Instituut
- 2 days ago
- 1 min read
Baie geluk, Ian Esterhuizen!
Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Ian Esterhuizen, 'n Graad 5-leerder, gekies is om die Westelike Provinsie-stoeispan te verteenwoordig tydens die SA Jeug- en Presidentekampioenskappe wat in Oktober plaasvind.
Hiermee wil ons Ian van harte gelukwens met hierdie besondere prestasie. Jou harde werk, deursettingsvermoë en toewyding het beslis vrugte afgewerp.
Ons wens jou alle sterkte toe vir die kampioenskappe. Geniet elke oomblik en maak die Wes-Kaap trots!





Comments