top of page
Search

In 'n liga van hul eie!

Updated: Sep 23

Tafelkrieket het in Londen ontstaan en is ontwerp as 'n aangepaste, inklusiewe vorm van krieket vir leerders met fisiese gestremdhede. Elke span bestaan uit 7 spelers (6 aktief en 1 reserwe).


Jan Krielskool het verlede jaar met Tafelkrieket as sport begin en dit is die span se eerste jaar wat hulle in die liga speel. Deelname het bestendig gegroei, met meestal fisies gestremde leerders wat ons span vorm. Leerders het reeds groot entoesiasme getoon, en vanjaar het hulle deelgeneem aan die ligawedstryde wat aangebied word deur Sporting Chance, 'n nie-winsgewende organisasie wat die Wes-Kaapse Tafelkrieketliga koördineer.



Jan Kriel Span 2025: Zinray Buis, Chase Winshaw, Brendan Jantjies, Rechardt Koster, Anel Oosthuizen, Junade Langenhoven, Mbali Ntlokoma, en Shaphiro Konstabel. Reserwes wat gedurende die seisoen gehelp het: Elihle Mcoseli, Aso Monwabise, en Diego Saal.


Met die ondersteuning van personeel en ouers het Jan Kriel algeheel 2de in die 2025-liga geëindig en 4 uit 7 wedstryde gewen. Dit is 'n fantastiese prestasie in so 'n kort tydjie en ons is trots op die toewyding wat ons spelers getoon het. Die seisoen sal afsluit by die Tafelkrieketfees op 27 November 2025, waar spanne van regoor die provinsie bymekaar sal kom vir die eindronde en 'n viering van hierdie inklusiewe sport.


Ons wens almal betrokke alle sterkte toe!



 
 
 

Comments


bottom of page