top of page
Search

Jan Kriel skitter op die nasionale verhoog!

Updated: Apr 22

2 – 5 April | Bloemfontein

8 van ons ster-atlete het met trots aan die Nasionale Hoërskool LSEN Atletiekkampioenskappe deelgeneem – en wát ’n vertoning was dit!

Die span het op 1 April per vliegtuig na Bloemfontein vertrek, en sommige leerders het eers op 6 April teruggekeer.

Medalje-oes:

6x Goud

1x Silwer

1x Brons



Die kompetisie was taai, maar ons atlete het hul alles gegee en met trots die Wes-Kaap en Jan Kriel verteenwoordig! Elke atleet wat deelgeneem het, het tydens die afsluitingseremonie ’n Wes-Kaap-wapen en sertifikaat ontvang.


Spesiale vermelding aan Zoey, wie se 4x100m-span nie net goud gewen het nie, maar ook ’n Suid-Afrikaanse rekord verbeter het – sy het ’n pragtige, geraamde sertifikaat ontvang!

’n Groot DANKIE aan ons ongelooflike personeel wat met liefde, harde werk en toewyding hierdie uitstappie moontlik gemaak het. Julle ondersteuning het ’n wêreld se verskil gemaak! En die kersie op die koek: Die Wes-Kaap is gekroon as die wenprovinsie van die LSEN-afdeling! Wat ’n trots! Ons is ongelooflik trots op elke atleet!


Julle is ware kampioene en ’n inspirasie vir ons almal!

Kyk gerus hieronder na ’n paar spesiale oomblikke van hierdie ongelooflike week.



 
 
 

תגובות


bottom of page