Jan Kriel wys krag by SA Junior Toutrek Kampioenskappe!
- Hilette Jan Kriel Instituut
- Apr 2
- 1 min read
Ons is ongelooflik trots op ons toutrekspan wat aan die Suid-Afrikaanse Junior Toutrek Kampioenskappe in Mosselbaai saam met meer as 390 ander spanne deelgeneem het! Ons spanne het hul moed, deursettingsvermoë en spanwerk gewys op die veld en indrukwekkende prestasies in die ontwikkelingsafdeling behaal.
Uitslae:
440 kg – 3de plek
520 kg – 3de plek
520 kg gemeng – 3de plek
560 kg – 2de plek
480 kg – 4de plek
Baie geluk aan al ons toutrekkers en afrigters – julle harde werk en toewyding bring trots vir Jan Kriel! Dankie ook aan ons ondersteuners en ouers wat langs die kantlyn gestaan en ons spanne aangemoedig het. Hou so aan, Jan Kriel!
Comentarios