top of page
Hilette Jan Kriel Instituut

JKS groet Juffrou Mariet Oosthuysen

Onderhoof Mariet Oosthuysen het na meer as 9 jaar by Jan Kriel verskuif na Worcester as Hoof van Langerugskool. Ons het ingeloer om te hoor hoe dit gaan:

Hoekom het jy besluit om spesiale opvoeding te doen i.p.v. hoofstroom? Ek was 6 jaar in hoofstroom. My grootste frustrasie was die leerders in my klas wat ek nie kon help nie omdat die pas vinnig was en die klasse groot. Toe ek by Carpe Diem begin het, was ek in die afdeling vir leerders met leerhindernisse en het my passie gevind. Om met leergestremde en fisiek gestremde leerders te werk, is my grootste passie. Jan Kiel was ‘n droom wat waar geword het. Ek het altyd vir my eie kinders gesê dat ek eendag by Jan Kriel gaan werk, al gaan doen ek eendag vrywillige werk by Jan Kriel skool. Jan Kriel skool was ‘n ongelooflike leerskool en ‘n lewensreis wat ek altyd sal koester.


Wat was jou gunsteling vak om aan te bied? Ek het rekenaargeletterdheid aangebied omdat ek besef het dat die leerders in die hoërskool tegnologie moet gebruik om assessering te kan doen en hul aanvanklik sukkel omdat hul nie noodwendig rekenaargeletterd is nie. Dit was altyd lekker om te sien hoe die kinders ontwikkel oor die jare. Die les wat ek vir my eerste graad 6-klas aangebied het, was later heeltemal te eenvoudig vir hulle en ek kon later Excel, PowerPoint, Claro Read en Publisher met hul doen. Ek kon ook lekker aanhaak by dit wat hul in die kurrikulum in die klas gedoen het en het lekker Cami Wiskunde kompetisies gehou.

Waar is jy nou? Ek het Junie 2023 by Langerugskool in Worcester begin as prinsipaal. Dit is ‘n soortgelyke skool aan Jan Krielskool. Ons het slegs Afrikaanssprekende leerders en doen ‘n geëndosseerde matriek. Die leerders neem beide tale op eerste addisionele vlak. Ons het ‘n graad 1 en 2 oorbruggingsklas, waarna leerders óf na Graad 3 gaan óf na die ASD-afdeling voortgaan. Langerugskool het ook ‘n afdeling vir leerders op die outisme spektrum. Die skool was eers ‘n satellietkampus van Pionierskool waar leergestremde en gehoorgestremde leerders geakkommodeer is. Agt jaar gelede het die twee skole geskei en het Langerug ‘n skool op sy eie geword. Dit is ‘n jong, groeiende skool: Watch this space!


Wat mis jy van Jan Krielskool? My kollegas, die kinders en my vriende by JKI. Om in Mnr Odendaal (hoof van Jan Krielskool) se kantoor in te stap en raad te vra en dan besef jy, jy is nou Gerrit Odendaal. Ek mis die reël van “Tekkie Challenge” en Matriek-merkssentrum, die vele bouprojekte wat ek meegemaak het, die lekker kuier in die teekamer laat middag en die spanwerk saam met die geboue span.

Wat sou jou finale boodskap aan die leerders van JKS wees? Jan Krielskool is die

beste spesiale skool in die land. Gebruik elke geleentheid wat jy kry. Carpe Diem–

Sieze the day!



29 views0 comments

Recent Posts

See All

Commentaires


bottom of page