top of page
Search

Kiara maak ons trots!


In November 2025 is ons VRL-voorsitter van 2026, Kiara Crous, gekeur as een van 48 jeugleiers wat die nasionale jeugleierkonferensie, aangebied deur Die Burger en Netwerk24, buite die Paarl by te woon.


Hierdie jeugleierkonferensie is jaarliks 'n hoogtepunt vir jong leiers in hoërskole en het plaasgeving 7-12 Desember 2025.


Dit was die 67ste keer wat hierdie konferensie aangebied word. Sy het Jan Kriel-skool só mooi verteenwoordig by die Jeugleierskonferensie en het erkenning ontvang, soos uitgelig in Die Burger.


Kiara is ’n ware voorbeeld van deursettingsvermoë, leierskap en ’n hart vir ander. Haar woorde herinner ons daaraan dat hindernisse ons nie hoef terug te hou nie, maar ons kan motiveer om méér te doen en ’n verskil te maak.


Dankie, Kiara, dat jy wys wat dit beteken om ’n leier te wees wat nie net praat nie, maar doen.


Jy inspireer ons hele skoolgemeenskap. Baie geluk, Kiara – ons is ongelooflik trots op jou!










 
 
 

Comments


bottom of page