Laerskool Kuns en Kultuur
- Hilette Jan Kriel Instituut
- Sep 22
- 1 min read
Jan Kriel se eerste Laerskool Kultuuraand was ‘n groot sukses! Verskeie leerders het die geleentheid aangegryp om hul talente met ons te deel – van dans, sang en gedigte tot ‘n pragtige kooroptrede. Kreatiewe leerders het ook die kans gehad om hul kunswerke te vertoon en daarmee te spog. Wat dit nog meer besonders maak is dat, alhoewel sommige leerders uitdagings ervaar, hulle geensins teruggestaan het nie en met selfvertroue op die verhoog uitgeblink het.
Die aand is op ‘n hoogtepunt afgesluit toe al die personeel saam met die leerders die bekende liedjie ‘Stand by Me’ gesing het, ‘n besonderse manier om ons skool se leuse - ONS BOU - te beklemtoon. Só word daar gewys dat onderwysers en leerders skouer aan skouer staan om hindernisse te oorkom en saam die beste moontlike uitkoms te bereik!
Comments