Matriekafskeid 2025 – ’n Aand om te onthou!
- Hilette Jan Kriel Instituut
- Apr 30
- 1 min read
Hoekom hou Jan Kriel Skool so vroeg in die jaar hul matriekafskeid? Leerders by Jan Kriel leef met verskeie leer hindernisse wat eksamens en toetsreekse baie meer tydsaam en stresvol maak. Jan Kriel matrieks skryf ook dieselfde Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen as leerders in hoofstroom skole. Daarom hou hulle vroeg makietie, sodat hul van hier af op die akademie kan fokus. Alle sterkte aan die matrieks van 2025!
Ons matriekafskeid was ’n ware fees van styl, glimlagte en onvergeetlike oomblikke. Die matrikulante het hulself van hul mooiste kant gewys, en die aand was gevul met trots, vreugde en spesiale herinneringe.
’n Groot dankie aan almal wat bygedra het om dié aand so besonders te maak – van personeel en ouers tot die fotograaf wat elke oomblik so mooi vasgevang het.
Besoek gerus die fotogallery en beleef die aand saam met ons:
Comments