top of page
Hilette Jan Kriel Instituut

Matrieks 2022 maak ons trots!

Updated: Feb 21, 2023

Verlede jaar se 49 matriekleerders het met 'n 100% slaagsyfer verseker 'n laaste kersie op hul ‘skoolkoek’ gesit.











Die skoolhoof, Mnr Odendaal, sê "Dit is merkwaardig as ons in gedagte hou dat ons leerders soveel spesifieke leergestremdhede het en tog steeds so moedig presteer. Hierdie groep leerders was die afgelope drie jaar die ergste ontwrig met die COVID-pandemie. In 2020 met die vlak 5-grendeltydperk, was hul in Graad 10 en van die laaste leerders om na die skool terug te keer."


Altesame 80% van ons leerders het op Baccaulaureus-vlak geslaag en kan dus verdere studies aan 'n Universiteit voltooi. Verskeie onderskeidings in Afrikaans en Engels eerste addisioniele taal, Toerisme, Besigheidstudies en Rekenaartoepassingstegnologie is ook behaal. Jan Kriel wens al hierdie leerders die beste sukses toe vir die toekoms!

46 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page