top of page
Hilette Jan Kriel Instituut

Michael skyn sy lig!

Michael leef die bekende gesegde “dinamiet kom in klein pakkies” ten volle uit. Dokters het hom ʼn lewensverwagting van slegs 2 dae gegee, maar in 2024 pak hierdie besonderse kind matriek aan! Dis 'n wonderlike prestasie en daarom is dit tog nodig om terug te kyk na die moeilike pad wat hy en sy gesin moes stap tot hier. Michael se lewe getuig van uitdagings, teleurstelling en struikelblokke, maar ook van LIEFDE, omgee en wonderwerke.



Jan Krielskool ondersteun 550 kinders, nes Michael, wat die uitdagings en harde kant van die lewe ken, hul struikelblokke oorkom en aanhou bou aan hul lewenslegkaarte.


Daarom vra ek mooi, ter wille van elke kwesbare kind by Jan Kriel, of jy asb. hierdie jaar voor Kerstyd ’n liggie aan Jan Kriel se Liggieboom sal borg? Een liggie kos slegs R100- so dalk kan jy selfs 'n string van 10 of meer liggies borg?


Gebruik asb jou naam as verwysing wanneer jy 'n elektroniese inbetaling maak. Jy kan ook 'n veilige donasie deur ons webwerf maak.



Vanjaar vind Jan Kriel se Liggieboomfees op 25 November 2023 plaas en by hierdie spesiale geleentheid sal Michael die liggies aanskakel. Wil jy nie asb. Michael se storie aan jou familie en vriende stuur en hul uit nooi om ook 'n liggie te borg en só LIEFDE aan ʼn kind by Jan Kriel te betoon nie?

 

Ontvang ook ons dankbaarheidsgeskenkie aan jou. Laai gerus hierdie gratis e-kerskaartjies af om Kerstyd op Facebook te plaas of per WhatsApp aan jou familie en vriende te stuur.


Prentjie                                Video 1                                 Video 2


Mag jou lewenslegkaart ook met stukkies LIEFDE gevul word.  

 

Vrede en dankbaarheid




Het julle al kaartjies?


Vanjaar kuier Desmond Wells by Jan Kriel se Liggieboom. Die kinders gaan almal vermaak met spesiale optredes en natuurlik die hoogtepunt van die aand: die aanskakel van die Liggieboom se 10 000 liggies  Besonderhede en kaartjies by www.liggieboom.co.za


22 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page