top of page
Hilette Jan Kriel Instituut

NG Kerk Kenhardt se kinders GEE OM!

Updated: Sep 29, 2022

Jan Krielskool in Kuilsrivier bied sedert 1937 spesialis onderrig aan 580 kinders van Graad R tot Graad 12 wat met verskeie gestremdhede moet saamleef, onder andere weens disleksie, epilepsie, siektes, ongelukke en spesiale leerbehoeftes.


Een manier waarop Jan Kriel van ander skole verskil, is dat ons kinders nie van ʼn spesifieke geografiese area kom nie. Meer as 300 kinders word daagliks met 20 bussies van oor die hele Skiereiland aangery, van sover as Gordonsbaai tot by Melkbosstrand. Kinders wat van areas verder as dit kom, word in koshuise gehuisves. Ons het dus nie, soos ander skole, ʼn spesifieke gemeenskap rondom ons skool wat altyd ondersteuning bied nie.

Die wonderlike is dat Jan Kriel se ondersteuners van oraloor kom! Die kategete van NG Kerk Kenhardt is juis 'n voorbeeld van ander gemeenskappe wat ons ondersteun. Hulle kategete groepie is baie aktief en het onlangs ʼn spesiale insameling gedoen vir die kinders van Jan Krielskool. Hoe verblydend is dit om te sien hoe kinders - wat self in hoofstroomskole is – op so ʼn manier uitreik om in Jan Krielers se behoeftes te help voorsien.


Dankie- julle is awesome!

44 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page