Nog 'n 22-sitplek vir veiligheid
Hilette Jan Kriel Instituut
6 days ago
1 min read
Danksy die ruim bydraes van Jan Kriel-skenkers kon die Instituut weereens nog 'n broodnodige bus vir leerdervervoer aankoop.
Jan Kriel-leerders is baie bevoorreg om 18 busse te hê wat so ver as Atlantis ry. Hierdie busse vervoer daagliks meer as 200 leerders tussen hul huise en skool.
Hierdie nuwe 22-sitplek-wa is in Julie deur Besturende Direkteur, Eerw. André van Wyk, aan die hoof, mnr. Odendaal, oorhandig. Baie dankie aan ons skenkers wat dit moontlik gemaak het!





Comments