Nuusbrief Februarie 2026
- Hilette Jan Kriel Instituut
- 5 days ago
- 1 min read
Dit voel asof 2026 nog vinniger beweeg (lees: hardloop/ weghardloop) as die vorige jare! Ook hier by Jan Kriel staan die tyd nie stil nie. Die nuwe leerders het goed aangepas, kleuresport atletiek is verby en die akademie word nou met volle erns aangepak.
Tog moet mens vir ‘n oomblik stilstaan en vir ‘n laaste keer dankbaar reflekteer oor die Here se wonderlike genade oor Jan Kriel se kinders. Takunda Muchuweni wat as die no.1 leerder met spesiale onderrigbehoeftes in die land gekroon is, Matthew Sadoucas wat met die hulp van die Karel Kriel beurs verder kan studeer en ‘n wonderlike Liggieboomfees waarmee Jan Kriel 2025 afgesluit het.
Lees gerus meer hieroor in ons nuutste Nuusbrief, deel die Pdf Dokument met vriende en familie of lees nog artikels aanlyn by www.jankriel.com.




Comments