Nuusbrief Junie 2025
- Hilette Jan Kriel Instituut
- Jun 24
- 1 min read
Tydens die Junie eksamen word 2133 vraestelle in die Hoërskool en 422 vraestelle in die Laerskool vir Jan Kriel leerders getranskribeer. Die transkribeerder lees die vraestel vir die leerling, presies soos wat die vraestel gedruk is, en skryf dan die leerder se antwoord woordeliks net so neer. Sy/hy mag geen verduideliking gee nie, niks vrae beantwoord nie en ook geen invloed op die leerder se gemoed hê nie.
Vir elkeen van hierdie vraestelle beteken dit dat een transkribeerder en een leerder in ʼn afsonderlike vertrek vir die tydsduur van daardie vraestel geakkommodeer moet word: 2555 keer in die 4-weke eksamenperiode! En hierdie is maar net een van vele “assesserings akkommodasies” by Jan Kriel wat skoolgaan en eksamen skryf vir ons leerders moontlik maak.
Met hierdie hulp word ʼn konteks vir leerders met spesiale onderrigbehoeftes geskep waar elkeen sy/haar eie potensiaal kan verwesentlik. En ons donateurs maak dit moontlik.
Lees gerus meer hieroor in ons nuutste Nuusbrief, deel die Pdf dokument met vriende en familie of lees nog artikels aanlyn by www.jankriel.com.
Commenti