Nuwe wiele
- Hilette Jan Kriel Instituut
- Jun 6
- 1 min read
Jan Krielskool is in 'n baie bevoorregte posisie om 16 busse te hê wat daagliks meer as 200 leerders tussen hul huise en die skool vervoer. Saam ry hierdie busse meer as 30 000 km per maand!
Met die veiligheid van ons leerders in gedagte, poog die Jan Kriel Instituut om die oudste van hierdie busse elke jaar met 'n nuwe bus te vervang. 'n Nuwe Iveco-bus, gesertifiseer om 12 sittende passasiers en 2 rolstoelpassasiers te vervoer en toegerus met 'n rolstoelhyser, is vroeg in Mei by die skool afgelewer.
Dankie aan ons skenkers wat dit moontlik maak!

Emihle Mtshotshisa, Graad 11-leerder, toets die rolstoelhyser saam met Elmarie Gentle,
Ds. André van Wyk & Gerrit Odendaal (skoolhoof).
Commentaires