top of page

Oudleerder vertel: Ruzanne

Ruzanne de Lange het in 2010 by Jan Kriel Skool aangesluit en 2014 matrikuleer. Sy het met trots haar storie gedeel-


Voor die skool het ek myself in baie negatiewe boksie geplaas. Ek het vir myself gesê "ek gaan nooit goed genoeg wees nie", nooit genoeg wees vir goeie werk, liefdevolle verhoudinge, eie blyplek of selfs selfstandig te wees nie. Toe ek by Jan Kriel Skool se deure instap het die boksie uitmekaar geval en sommer ontplof! Die onderwysers het vir my liefde, respek, omgee en geduld gewys. Hulle het my laat voel ek word gehoor, dat my woorde saak maak en dat ek baie meer is as ‘n klein boksie. Dit is deur die leiding en omgee van onderwysers dat ek deur als gekom het. Ek gebruik nog vandag die tegnieke wat ek geleer het- om te fokus en te kalmeer. Jy is meer as wat jy dink. Dis die verskil wat Jan Kriel aan my gemaak het- ek glo nou aan myself.


Een van my beste herinneringe is van 'n juffrou- 'n baie ongelooflike bewys van omgee deur Mevrou Schoeman. Sy het visuele kuns gegee wat my gunstelung klas ook was. Ons moes ‘n taak doen oor ons gusteling kunstenaar en vertel wat ons inspireer. Ek was op daai stadium gek oor 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat groot werk gedoen het vir internasionale hotelle. Juffrou Schoeman het persoonlik die kunstenaar geken en maak toe ‘n plan dat ek en sy vir hom kan gaan kuier in sy werkswinkel. Ek kon al my vrae vra en sy werke aanskou, dit was een van my beste dae! Dit was een van die beste dinge wat iemand al ooit vir my gedoen het.


Die beste manier om my jare daar beskryf is 'vetpret'. My klasmaats gaan seker kwaad wees dat ek dit deel, maar 'n voorbeeld hiervan was ons kamstige '40-days'. Ons het besluit om te rebel en ons eie '40-days' te hou: ons het in die saal vergader en in die gange af paradeer. Die grap was... ons was 'n week te vroeg!


Dit is vir my 'n eer om my storie te kan deel. Ek wil net vir huidige leerders herinner- Jy is meer as wat jy dink! Ek is tans hoof voorraad kontroleerder by 'n privaat hospitaal in Limpopo. Voor Jan Kriel sou ek myself nooit kon indink van persoonlike sukses nie, maar op 26 jaar oud kan ek met trots sê dat Jan Kriel Skool 'n astronomiese verskil in my lewe gemaak het.

244 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page