Paasfees groete
- Hilette Jan Kriel Instituut
- 5 days ago
- 1 min read
Met Paasfees word ons opnuut herinner aan die grootste liefdesdaad in die geskiedenis: toe Jesus Christus aan die kruis gesterf het en daarmee die deur na nuwe lewe vir al God se kinders oopgemaak het. Deur Sy opoffering bring Hy hoop, genade en die belofte dat elke lewe waardevol is.
Die kruis het die deur na ware lewe oopgemaak.
Omgee vir kinders is die sleutel tot hul toekoms.
By Jan Krielskool word elke dag iets van daardie hoop sigbaar gemaak. Soos die Here vir ons deure na lewe oopmaak, so werk Jan Krielskool ook om deure oop te maak vir kinders met leergestremdhede – deure na ontwikkeling, waardigheid, geleenthede en ’n vol lewe. Elke kind verdien die kans om sy of haar potensiaal te ontdek en met vreugde te leef. Dit is egter net moontlik danksy die ondersteuning van mense soos u. U bydrae help ons om hierdie kinders te ondersteun en vir hulle geleenthede te skep wat andersins nie moontlik sou wees nie.

Jan Kriel-leerders stuur ook graag vir u spesiale Paasgeskenkies om DANKIE te sê! Laai gerus ʼn pragtige rekenaaragtergrond af, of deel hul Paasboodskap-prentjie of -video met familie en vriende deur WhatsApp of sosiale media.




Comments