Rekord 'oes' by Wynveiling
- Hilette Jan Kriel Instituut
- Sep 18
- 1 min read
Jan Kriel se Wynveiling is weereens geseën met besonderse wyne geskenk deur meer as 100 wynplase en individue. Meer as die helfte van dié wynplase skenk reeds tussen 10-20 jaar wyn vir hierdie jaarlikse geleentheid, terwyl bykans 20 kelders vir die eerste keer 'n donasie gemaak het.
Hierdie jaar het die 160 gaste wat die aand bygewoon het voorwaar 'n rekord “oes” opgelewer met meer a R650 000 wins vir die kinders van Jan Krielskool!
Dankie aan elke kelder, besigheid en vriend wat getrou 'n bydrae gemaak het. Jul ondersteuning is van onskatbare waarde.

Jan Kriel Instituut se vorige direkteure het hierdie jaar die wynveiling bygewoon. Vlnr Ds. André van Wyk (2021-), Dr. Fanie Herholdt (2003-2021) en Ds. Francois Cillie(1991-2002)
Ondersteun asb. een van die meer as 100 wynplase wat 'n bydrae aan vanjaar se opbrengs gemaak het-

INDIVIDUE: Willem Rossouw, Dan de Villiers, Berné Nightingale, Chenin Blanc Association, Franschhoek Wine Tram, Pinotage SA.






























































































Comments