“Die ontwikkeling van die geboue, gronde en tegnologie is absoluut inspirerend. Ek het baie ervaar en geleer by die skool. Dinge wat ek op geen ander plek sou ondervind nie!"

Sr Marinda het in 1978 by Jan Krielskool as 'n koshuismoeder begin werk. Sy het verdere opleiding ontvang en later haar mediese kwalifikasie by Paarl Hospitaal voltooi. Toe sy by die skool begin het, was dit baie anders as vandag. Die koshuise het omtrent 350 kinders uit alle provinsies en ook Namibië gehuisves. Die huidige kliniek was die administratiewe kantore en slegs kinders met epilepsie kon hier skoolgaan.


Vandag is Jan Kriel 'n moderne leerfasilitiet wat kinders met verskeie leergestremdhede, mediese toestande en fisiese gestremdhede help om hulle studies suksesvol te voltooi.
Jan Krielers salueer haar vir jarelange diens en omgee!
Comments