top of page
Search

Tekkie bars uit sy nate!

Updated: Sep 23

Jan Kriel se jaarlikse Tekkie Challenge het Saterdag, 6 September in pragtige lenteweer plaasgevind. ’n Rekordgetal van sowat 3 000 deelnemers het die 5km-pretloop, die 10km Battle of the Sexes en die 16km-uitdaging vir langasems aangedurf.



"Die ondersteuning vanuit Kuilsrivier, Jan Krielskool se familie en vriende, die groter hardloopgemeenskap, sakeondernemings wat hul werknemers in grootmaat ingeskryf het en natuurlik Food Lover’s Market as hoofborg, is regtig ’n riem onder die hart. Ons is nederig dankbaar."  - Ds. André van Wyk, Besturende Direkteur 



‘n Reuse DANKIE aan FOOD LOVER’S MARKET wat weereens die hoofborg was. Die Tekkie Challenge het vanjaar beslis uit sy ou nate gebars met sowat 1 000 deelnemers meer as verlede jaar. Hierdie byeenkoms se inkomste word geoormerk vir sport en sportontwikkeling by die Jan Krielskool, wat meestal duur, spesialistoerusting vir gestremdes insluit. 



“Dit bly vir ons ‘n voorreg om die Jan Krielskool met die Tekkies Challenge te ondersteun. Ek het self aan die 16km wedloop deelgeneem en die gees was ongelooflik.  Hierdie span straal soveel warmte en toewyding uit, en hul betrokkenheid in die gemeenskap pas perfek by Food Lover’s Market se waardes. Mag die Tekkie Challenge net van krag tot krag groei.”

- Bianca Nel, Food Lover’s Market Bemarkingsbestuurder


Nog foto’s aanlyn beskikbaar by www.tekkiechallenge.co.za.



 
 
 

Comments


bottom of page