Toutrekspanne blink by SA-Kampioenskappe
- Hilette Jan Kriel Instituut
- 4 days ago
- 2 min read
Die 2026 Junior seisoen was ‘n triomf vir Jan Krielskool se toutrekspanne, wat by die SA-Kampioenskappe in Robertson deelgeneem het.
Met 20 hoërskoolleerders en 19 laerskoolleerders wat deelgeneem het, het die spanne hul vasberadenheid en talent op die tou gewys. Die Kaalvoetspan, wat vir die eerste keer aan die kampioenskap deelgeneem het, het hul man teen die meer ervare skole gestaan. Die Stewelspan het met sterk vertonings in verskeie gewigsafdelings hul plek tussen die land se topspanne bevestig.
Uitslae hoogtepunte:
Kaalvoete: 320kg – 4de, 280kg – 5de, 360kg – 5de.
Stewels: 600kg A – 2de, en algehele 2de plek (silwer).560kg A – 2de en algehele 2de plek (silwer), 480kg – 4de.
Ons leerders het nuwe hoogtes bereik. Hulle het nie net kompeteer nie, maar hul persoonlike doelwitte oortref. Ons is ongelooflik trots.
Die onderwysers wat betrokke is by toutrek speel ‘n ongelooflike groot rol in elke leerder se welstand en persoonlike groei. Hulle is as volg:
· Nina Meyer - Hoofkaalvoetafrigter
· Lindie Francois - Kaalvoetafrigter
· Charlene van Schalkwyk - Hoofstewelafrigter
· Ryno vd Watt - Stewelafrigter
· El-Rey vd Watt - Stewelafrigter
· André vd Spuy - Stewelafrigter
Ons kon nie sonder die insae van die volgende buiteafrigters se insae so groot sukses van die seisoen gemaak het nie. Hulle is:
· Leonard Bisogno - SAJTU Skeidsregter en Kaalvoetafrigter
· Emily Bisogno - Oud Jan Krieler, SAJTU skeidsregter en Kaalvoetafrigter
· Piet Lourens - Kuilsrivier Toutrekklub voorsitter, TWIF Skeidsregter, SA afrigter en Stewelafrigter
· Diana Landman - Kuilsrivier en SAJTU beampte, SA-Toutrekker, Stewelafrigter.
Die sukses van die toer was grootliks te danke aan die leerders en ouers wat getrou by oefeninge opgedaag het en die harde werk moontlik gemaak het. Die ruim ondersteuning van borge – waaronder die Jan Kriel Instituut, Engen Truckstop, Spinnaker Software, en Landi Butterworth van Mavs Property – het dit verder vergemaklik om só ‘n groot groep leerders en personeel saam te vat en die seisoen ‘n merkwaardige prestasie te maak.
Met die energie en toewyding wat hierdie seisoen gekenmerk het, sien die toutrekfamilie met groot opgewondenheid uit na wat die volgende seisoen gaan bring.
Foto's Jan Krielskool & Jana Malherbe Photography




































Comments