top of page

Verander jou siening!

Meeste mense ken haar as Jan Kriel se “bus-tannie”. Vir meer as 17 jaar sorg Elmarie Gentle dat 250 kinders daagliks tussen hul huise en die skool met 17 busse vervoer word. Sy reël die busbestuurders se skedules, die roetes en sien om na die veiligheid en onderhoudsreëlings vir elke bus. Maar dit is nie haar enigste verbintenis met Jan Krielskool nie. Haar dogter, Anke, is tans ʼn trotse Jan Kriel matriekleerder. Die verloop van sake om Elmarie en haar gesin se storie ʼn gelukkige een te maak is wonderbaarlik. “Die Here se hand was oral”, vertel sy met dankbaarheid.

 

Elmarie se dogter, Anke, was 4 maande oud toe sy by Jan Krielskool begin werk het en selfs daardie geleentheid het per toeval oor haar pad gekom. Sy het by ʼn vulstasie gewerk maar na ʼn gewapende roof begin soek vir ander werk. Haar buurvrou se vriendin het Jan Krielskool se advertensie in die koerant raakgesien, uitgeknip en in Elmarie se posbus afgegee. Sy het vir die onderhoud gegaan en later die aanstelling aanvaar. Sy is nogsteeds by Jan Kriel, 17 jaar later. Jare later was die vriendin se kind was ook later in Jan Kriel.

 

Op daardie stadium was sy en haar oorlede man, Frank, nie bewus van Anke se mediese toestand nie. Net voor haar 2de verjaarsdag moes hulle hospitaal toe jaag. Sy het mangelontsteking ontsteking gehad maar dit was nie die enigste fout nie- sy was verskiklik ontwater en haar vel was snaakse ʼn kleur. Dokter Buddy Johnson het na ure se gesukkel al die personeel uit die kamer gejaag, en hy en Frank het begin bid. “Die Here se hand was oral”, herhaal sy. Dokter Johnson het vir Frank gesê dis asof die Here sy hand vasgehou het en die naald het net ingeglip soos dit moes. Uiteindelik kom hy die kleinste aartjie opspoor om bloed te trek vir toetse en het bevestig dat sy diabetes het. Dit was op daardie oomblik was dit lewensbelangrike inligting en haar drip was aangepas. Sy het haar 2de verjaarsdag net daar in die hospitaal gevier.

 

Tuis het hulle verskriklik gesukkel om haar suiker onder beheer te kry en is verwys na Rooikruis Kinderhospitaal.  Prof. Bonnici het bepaal dat sy ‘brittle’ diabetes het wat besonderse moeilik is om te behandel aangesien haar suiker telling wisselvallig is en spring of val in ʼn uur se tyd tussen 2 en 28. Prof. Bonnici het Elmarie se gesin ook persoonlik geken want haar pa was sy motorwerktuigkundige en hy was ook baie bewus van die familie geskiedenis aangesien haar broer ook erge suiker-komplikasies gehad het. Prof. Bonnici het haar gerus gestel, diabetes is nie ʼn doodsvonnis nie, jy moet jou siening verander”.

 

“Dis een van die moeilikste dinge wat ʼn ma moet doen- om jou kleuter elke dag te moet inspuit. Ons moes self die medikasie afmeet met spesiale spuit en die kleinste moontlike naaldjie self ons kind spuit.”

 

Anke was ʼn baie nors kleuter en dis te verstaan, haar suiker moes uurliks getoets word en gespuit word soos nodig. Sy het haar skoolloopbaan in graad R in hoofstroomskool begin maar dit was moeilik. As gevolg van haar mediese probleme was dit ʼn konstante bekommernis en sy was ook baie gespot deur ander kinders. Elmarie moes partykeer 5 keer per dag jaag soontoe want die onderwysers was nie gemaklik om die inspuitings te doen nie en natuurlik het hulle 30 ander kleuters gehad wat aandag verg. Anke se vermoë om te leer en ontwikkel was gekniehalter aangesien haar mediese toestand nie net haar fisiese funksionering beïnvloed het nie maar ook ʼn groot impak op haar emosionele en sosiale ontwikkeling gehad, asook haar selfvertrou.


Marius Burger was daai tyd skoolhoof by Jan Krielskool en nadat hy eendag vir Elmarie baie ontsteld gesien het haar gevra wat fout is. Sy was raadop, was dit die toekoms wat vir hulle wag? Mnr. Burger het voorgestel dat sy die aansoek proses begin om Anke oor te plaas na Jan Krielskool. Alhoewel sy op daardie stadium werksaam was by die skool het sy nie besef dat haar dogter ʼn toepaslike kandidaat was nie. Jan Krielskool fokus op die onderrig van leerders wat die kognitiewe potensiaal het maar leerhindernisse ervaar in ontwikkeling en leer as gevolg van verskeie redes, waarvan een mediese of fisiese toestande is.

 

“Die Here se hand was orals”.

 

Anke het, ten spyte van haar beperkte vroeëkinderontwikkeling goed in- en aangepas in graad 1 by Jan Krielskool. Haar individuele behoeftes kon aangespreek word: kleiner klasse, bystand van die mediese personeel, ondersteuningsdienste en assesseringsakkomodasie. Sy kon begin fokus op haar skoolloopbaan- en sy het! In Intermediêre-fase het sy haar selfvertroue ontdek en begin deelneem in kultuur items soos eisteddfod en het vir als kans gesien. Op daardie stadium het sy ʼn insulienpomp gehad en moes nog steeds verskeie kere ʼn dag getoets word maar teen hoërskool het tegnologie so ontwikkel dat sy nou ʼn outomatiese pomp het wat self haar suikervlakke kontroleer en spuit soos nodig.

 

“In vergelyking met die nors kleuter is sy heeltemal ʼn ander kind, sy het besonders gegroei. Sy het leiervaardighede ontwikkel, staan op vir wat reg is en alhoewel haar kultuur aktiwiteite haar baie besig hou presteer sy besonders goed op akademiese vlak en staan vir niemand terug nie.” Anke is vir 2de jaar graadprefek en het verlede jaar 10 prestasie-sertifikate ontvang by Jan Kriel se jaarlikse ‘Prestige’-aand.

 

“Die ondersteuning wat die skool bied het haar toegerus om ʼn onafhanklike individu te word. Sy hanteer elke dag met selfstandigheid en selfs op moeilike dae hanteer sy elke situasie met kapasiteit.”

 

Vir Elmarie lê Jan Krielskool baie na aan haar hart. Sy doen haar werk met trots en liefde, nie net omdat Jan Krielskool so ‘n ongelooflike impak op haar gesin se lewe het nie, maar omdat daar nog 500+ ander leerders staatmaak op haar daaglikse take.

 

“Hier is baie mense by Jan Kriel wat my kind ondersteun het tot die mens wie sy vandag is. Daarom sal ek sal nóg 17 jaar hier wees om ander leerders te ondersteun!”




432 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page