Verander jou Siening
- Hilette Jan Kriel Instituut
- Sep 22
- 1 min read
Dis die naam van Sumarie Greyling (néé Jordaan), Jan Kriel hoofmeisie van 2018, se lied wat sy in 2019 geskryf het. Haar doel met dié lied: om mense se persepsie oor persone met gestremdhede te verander. En dit het nie daar gebly nie.

Tans skiet sy aan ’n splinternuwe TV program vir VIA met die titel... Verander Jou Siening! Jan Kriel is baie trots op jou Sumarie!
“Dis tyd om die stigma rondom gestremdheid te breek en ware hoop te bring!”
In Verander Jou Siening word bekende Suid-Afrikaanse persoonlikhede uitgedaag om hul persepsies te toets, hul gemaksones te verlaat, en eerstehands te ervaar hoe dit voel om met ’n gestremdheid te leef.
“Ons is dieselfde, ons doen dinge net 'n bietjie anders. Dis nie net ’n program nie, dis ’n beweging. ’n Reis van begrip, menswaardigheid en verandering.”
Hou die VIA kanaal dop in 2026 — dis iets wat jy nie wil mis nie!





Comments