top of page
Hilette Jan Kriel Instituut

Vriende van Jan Kriel September Nuusbrief


Te midde van die Kaap se koue (al is dit reeds Lente!) gons dit van al die aktiwiteite hier by Jan Kriel! Leerders presteer wyd en suid met sport en akademie, Mnr. en Mej. Jan Kriel is gekroon en daar was groot gespog by die jaarlikse kultuuraand.


Die jaarlikse Wynveiling en die Tekkie Challenge was besonders suksesvol te midde van die moeilike ekonomiese klimaat. Dit bewys weereens dat Jan Kriel se donateurs en vriende bewus is van en ondersteunend is teenoor ons leerders se behoeftes.


“Barmhartigheid” sê dat ons met liefde, deernis en genade reageer op mense wat swaar kry, diegene wat ons liefde en sorg nodig het. Nee, ons kan nie altyd alle geregtigheid met ’n enkele daad herstel nie, maar ons kan met vele klein dade van liefde en ontferming, baie mense se lewe beter maak. Só begin ons om die seën wat ons ontvang het na ander deur te gee.


Lees gerus meer oor hoe ons leerders geseën word deur barmhartige bydraes van donateurs om só hulle drome te bewaarheid.



49 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page