Welkom aan ons praktiese onderwysstudente!
- Hilette Jan Kriel Instituut
- 2 days ago
- 1 min read
Dit is vir ons ’n voorreg om die volgende studente by Jan Krielskool te verwelkom vir hul praktiese onderwysopleiding:
Jana Fourie – Lewenswetenskappe en Lewensoriëntering
Luan Kruger – EBW en Engels. (Oudleerder van Jan Krielskool)
Chelsea Chandler – Engels en Lewensoriëntering
Janelle Moses – Afrikaans Huistaal
Abongile Mbali – Engels en Lewensoriëntering
Pierre Voskuil – Besigheidstudies en Lewensoriëntering
Ons vertrou dat hierdie praktiese ervaring vir elkeen ’n tyd van groei, leer en waardevolle herinneringe sal wees. Mag julle baie by ons personeel en leerders leer, en terselfdertyd ook ’n positiewe verskil in ons skoolgemeenskap maak.
Ons wens julle alle sterkte toe en hoop julle geniet elke oomblik van julle tyd by Jan Krielskool. Baie welkom – ons is bly om julle deel van ons span te hê!





Comments