By Jan Krielskool is 2022 ‘n jaar vol mylpale: Nie net is die skool 85 jaar oud nie, maar Jan Kriel kon ook hierdie jaar ons 30ste jaarlikse wynveiling aanbied. En dit sommer net hier in die skoolsaal!



Met die hulp van die Aleit Academy is die saal in ʼn luukse onthaallokaal verander. Meer as 100 kelders het hul beste wyne geskenk, wat weer die 200 gaste inspireer het om ʼn gemiddelde prys van R15 450/lot te betaal! Die opbrengs (na alle onkostes gedek is) was net meer as R500 000.



Ons is ewig dankbaar aan die kelders wat ons ondersteun het en die vriende van Jan Kriel wat hulle harte oopgemaak het om van hierdie fondsinsamelinginitiatief 'n sukses te maak!



Commentaires