top of page

'Prestige'-wyne presteer by Wynveiling '24

Jan Kriel se jaarlikse Wynveilig is geseën met as 40 lotte ‘prestige’-wyne, geskenk deur meer as 100 wynplase en individue.



Gaste is met ‘n spesiale optrede van die Laerskoolkoor getrakteer en kon beter insig kry van die akademiese behoeftes wat leerders ondervind. Die aand het meer as R500 000 wins vir 

Jan Krielskool se kinders opgelewer, terwyl een lot se opbrengs geskenk word aan Donatos Remediërende Skool.



Hierdie jaarlikse fondsinsamelingsinitiatief is reeds in 1993 deur Jan Kriel se vriende in die wynbedryf begin. Tussendeur is daar selfs 10 veilings in London aangebied. Die getroue ondersteuning van donateurs, beide wynskenkers en kopers, is ‘n wonderlike herinnering 

aan die inspirerende werk wat by Jan Krielskool verrig word.


Jan Krielskool se Laerskool koor (Graad 1-6) het ook 'n besonderse optrede gelewer, onderrig deur Luzaan van Niekerk en Liezl Fritz.



Dankie aan elke kelder, besigheid en vriend wat 'n bydrae gemaak het. Met jul ondersteuning was die 2024 Jan Kriel Wynveiling ʼn GROOT sukses! Ondersteun gerus ons kelders- hulle dra ons kinders na aan die hart