Liggieboom kaartjies aanlyn!
- Hilette Jan Kriel Instituut
- 14 minutes ago
- 1 min read

Jan Kriel se Liggieboomfees vind vanjaar op Saterdag, 29 November plaas by Jan Krielskool in Kuilsrivier. Kom kuier saam met LEAH vir 'n spesiale vertoning en geniet pragtige optredes van die kinders. Bring jou kampstoel of kombers en sommer die hele familie en aanskou die wonderlike oomblik wanneer ons die Liggieboom aanskakel - met meer as 10 000 liggies! Jou kaartjie sluit in al die vertonings, 'n gratis LED liggie en natuurlik ondersteun dit kinders met spesiale onderwys behoeftes.
Deur by te woon of 'n liggie te borg maak jy 'n onmeetbare verskil in 'n leerder se lewe en opvoeding by Jan Krielskool. "A child with special needs will INSPIRE YOU to be a SPECIAL KIND of person"
Kyk gerus van 2024 se pragtige videos en foto's en KRY JOU KAARTJIE!




Comments